
=====================================================================
10 - Die Bedryf
=====================================================================


10
DIE BEDRYF

Die huidige situasie

Suid-Afrika het heelwat nywerhede wat met metaal en ander chemikalie werk. Hierdie nywerhede kan baie skade aan die omgewing aanrig. Suid-Afrikaanse nywerhede gebruik baie energie.


Redelik baie van die masjinerie wat in Suid-Afrikaanse nywerhede gebruik word, is verouderd. Ons moet geld bel in nuwe masjinerie. Hierdie nuwe masjinerie moet minder besoedeling veroorsaak en minder energie gebruik.


Ons het meer nywerhede in Suid-Afrika nodig. Dit sal meer werk aan ons mense verskaf. Maar ons moet seker maak dat hierdie nuwe nywerhede nie te veel skade aan die omgewing aanrig nie. Party lande het alreeds metodes gevind om werk te verrig sonder om die omgewing te beskadig. Ons kan by hierdie lande leer.


Nywerhede, wetgewing en regeringsdepartemente in Suid-Afrika het streng omgewingswetgewing wat op nywerhede van toepassing is. Maar daar is ook baie onvoldoende wette. Die regering het nie genoeg personeel om te verseker dat hierdie wette nie oortree word nie. Nywerhede kan die wette oortree sonder om gestraf te word. Die probleem moet dringend aangespreek word.


Maar die regering moet met nywerhede en ander groepe meewerk om metodes te vind om skade aan die omgewing, werkers en die publiek se gesondheid te verminder.


Die nasionale regering moet streng standaarde vir nywerhede instel indien elke provinsie verskillende standaarde het, kan vuil nywerhede dalk bloot na die provinsie met die laagste standaarde verskuif.

Beleidsake:


1. Die regering moet besluit of nywerhede self kan bepaal hoeveel skade hulle aan die omgewing aanrig. Vakbonde en nie-regeringsinstansies is van mening dat dit nie sal werk nie. Party Missie-lede voel dat nywerhede die skade wat hulle aan die omgewing aanrig, self moet kontroleer. Maar die regering moet standaarde daarvoor instel. En die regering moet gereeld vasstel of hierdie standaarde gehandhaaf word.


Die regering moet ook ander metodes vind om nywerhede te oorreed om minder skade aan die omgewing aan te rig. Die regering, vakbonde en nywerhede kan 'n vennootskap vorm om metodes te vind wat nywerhede in staat stel om beter te funksioneer.


Dit kan ook die gesondheid van werkers verbeter. Chemiese maatskappye het 'n program begin wat 'Verantwoordelike Versorging' genoem word. Dit is 'n voorbeeld van hoe nywerhede te werk kan gaan om skade aan die omgewing te verminder. Maar ons moet seker maak dat hierdie programme eg is en nie slegs ingestel is om die nywerhede goed te laat vertoon nie.


2. Daar is 'n direkte verband tussen skade aan die omgewing en werkers se gesondheid en veiligheid. Dikwels is dit dieselfde faktor wat die omgewing beskadig en die werkers se gesondheid aantas. Daar is verskillende wette wat die omgewing, gesondheid en veiligheid reguleer. Daar is verskillende regeringsdepartemente wat daarvoor verantwoordelik is. Gesondheid en veiligheid handel meer oor die voorkoming van ongelukke as oor werkers se gesondheid. Werkers kry nie genoeg inligting oor gesondheidsprobleme wat deur hulle werk veroorsaak kan word nie. By die Thor Chemicals-maatskappy het swak bestuur die dood van werkers en ernstige skade aan die omgewing veroorsaak. (Sien Figuur 9). Veiligheid, gesondheid en die omgewing moet gesamentlik hanteer word.


Vakbonde moet aan werkers die verband tussen gesondheid, veiligheid en die omgewing uitwys. Suid-Afrikaanse vakbonde begin meer betrokke raak by gesondheid-, veiligheids-, en omgewingsake, veral in die chemiese bedryf. Werkers moet oor omgewingsake opgelei word. Dit sal hulle help om gevare in die werkplek raak te sien. Die werkers het ook regte nodig sodat hulle kan optree. Vakbonde het ondersteuning nodig in die aangeleenthede Nywerheidsbesoedeling beskadig dikwels die gesondheid van naburige gemeenskappe (Sien Figuur 6). Dit was nog altyd 'n probleem om inligting te verkry. Die tussentydse Grondwet bepaal dat elke Suid-Afrikaner die reg op inligting het. Dit sal gemeenskappe help in die stryd teen besoedeling.


Selfs al woon gemeenskappe 'n redelike afstand vanaf nywerhede kan besoedeling steeds hulle gesondheid aantas. Maar dit kan baie moeilik wees om dit te bewys. Dus is dit baie moeilik vir gemeenskappe om stappe te eis. Nuwe wette mag dalk nie voldoende wees om die probleem op te los nie. Nog 'n plan is om 'n vennootskap tussen maatskappye, vakbonde, gemeenskapsorganisasies en die regering in die lewe te roep om te onderhandel oor die beste metode om die probleem aan te spreek.


Werkers en gemeenskappe speel 'n belangrike rol in die beskerming van die omgewing. Albei groepe het inligting en geleenthede nodig om deel te neem aan die bestuur van die omgewing. Dit moet op ses beginsels gebaseer wees:


* Die reg om bewus te wees van gevaar
* Die reg om oor gevaar ingelig te word
* Die reg om aan besluitneming deel te neem
* Die reg om gevaarlike werk te weier
* Die reg om behoorlike onderwys en opleiding te ontvang
* Die reg om vergoed te word vir enige skade aan die werker, of die gemeenskap, se gesondheid

Ons het nie tans hierdie regte nie.


Werkers en gemeenskappe het meer omgewingsopvoeding nodig om aan besluitneming deel te neem.


3. Baie Suid-Afrikaaanse maatskappye het 'n swak omgewingsrekord. Mynbou, chemiese, en swaar nywerhede het veral 'n nadelige uitwerking op die omgewing. In ander lande moet maatskappye verslag doen oor die skade wat hulle aan die omgewing kan aanrig en watter stappe hulle neem om dit stop te sit. Die regering moet so 'n stelsel in Suid-Afrika instel.


Voorstelle


1. Die regering moet 'n onafhanklike nywerheidsinspektoraat instel. Hierdie liggaam moet lug- en waterbesoedeling, die produksie van afval en die veiligheid van werkers kontroleer. Elke provinsie behoort so 'n liggaam te h. Die nasionale regering moet duidelike standaarde uiteensit wat hierdie liggaam kan gebruik. Die inspektoraat sou goed-opgeleide personeel benodig.


2. Suid-Afrikaanse maatskappye moet omgewing-aspekte in al hul planne insluit. Hulle moet ook verplig word om Omgewings-impak-Studies te doen. Maar dit sal tyd neem om dit behoorlik in te stel. In die tussentyd moet die Departement van Omgewingsake besluit watter nywerhede vooraf Omgewingsimpakstudies moet doen. Dit moet daardie nywerhede wees wat die omgewing die meeste beskadig.

3. Gesondheids-, veiligheids-, en omgewingsake moet saam hanteer word. Die volgende kan gedoen word:


3.1 Gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers in maatsappye moet Gesondheids-, Veiligheids-, en Omgewingsverteenwoordigers word. Hulle moet opleiding en die bevoegdheid gegee word om gesondheids- , veiligheids en omgewingsgevare by die werk te identifiseer en aan te spreek. Alle werkers moet voldoende opleiding ontvang in gesondheid, veiligheid en omgewingssake. Hulle moet in staat wees om die bestuur en die regering oor die gevare in te lig. Gesondheids-, Veiligheids-, en Omgewingsverteenwoordigers moet in staat wees om regeringsinspekteurs na hul aanlegte te ontbied om dit te inspekteer.

3.2 lnspekteurs moet in staat wees om met werkers in hulle eie taal te praat. Wanneer inspeksies plaasvind, moet werkers en bestuur 'n verslag ontvang.


3.3 Die Departemente van Arbeid, Gesondheid en Handel en Nywerheid moet ondersoek instel hoe werkers en gemeenskappe vergoed kan word vir skade aan hul gesondheid. Hulle moet die moontlikheid ondersoek om die Werkersvergoeding-Skema uit te brei.


3.4 'n Nasionale Komitee moet uit verteenwoordigers van die regering, vakbonde en nywerhede saamgestel word om te ondersoek hoe 'n beter gesondheids-, veiligheids- en omgewingstelsel op die been gebring kan word.


4. Alle ondernemings behoort 'n verslag te skryf in verband met die effek wat hulle instansie op die bogenoemde sake het, en wat daaraan gedoen word. Die verslag moet 'n studie, gedoen deur 'n onafhanklikke deskundige, insluit.


5. Elke nywerheidsektor, soos die staalnywerheid, moet `n omgewingsplan saamstel. In die verband moet hulle met regeringsdepartemente, vakbonde, NGO's en gemeenskapgebaseerde organisasies saamwerk. Hierdie planne kan insluit:


5.1 'n Studie om die ernstigste omgewing-, gesondheid-, en veiligheidsprobleme in die bedryf te identifiseer.


5.2 'n Drie-jaar plan om die probleem aan te spreek. Nywerheidsliggame, maatskappye, vakbonde en regeringsdepartemente moet instem om aan die plan deel te neem.


5.3 Kontrolering of die plan in werking gestel word. Verslae moet aan die vakbonde, regeringsdepartemente en nywerhede voorgel word.

6. Die regering moet 'n Kantoor vir Skoner Produksie instel. Hierdie liggaam kan die nywerhede help om skoner produksiemetodes te vind om hulle werk te verrig. Hierdie liggaam kan by die Streeksentrum vir Skoon Produksie in Harare ('Regional Centre for Clean Production") inskakel.


FIGUUR 8:

Gesondheid, Veiligheid en Omgewing

Daar is `n sterk verband tussen skade aan die omgewing en werkers se gesondheid en veiligheid. Dikwels is dit dieselfde faktor wat die omgewing beskadig en die werkers se gesondheid aantas. Maar daar is verskillende wette vir die omgewing, gesondheid en veiligheid. Daar is verskillende departemente wat daarvoor verantwoordelik is. Gesondheid en veiligheid handel meer daaroor om ongelukke te voorkom as oor die gesondheid van werkers. Werkers kry nie inligting oor gesondbeidsprobleme wat deur hulle werk veroorsaak kan word nie. By die Thor Chemicals-maatskappy het swak bestuur werkers se dood veroorsaak en ernstige skade aan die omgewing aangerig. (Sien Figuur 9). Veiligheid, gesondheid en die omgewing moet gesamentlik hanteer word.

---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


